DOCUMENTS

Sunset clause needed on EE and BEE - Pieter Groenewald

FF Plus leader says merit must be criterion for appointing people (19 Feb 2018)

Address by Pieter Groenewald, leader of the Freedom Front Plus, in the debate on President Cyril Ramaphosa’s State of the Nation Address, Monday, 19 February 2018

Afrikaans:

Dr P J GROENEWALD: Voorsitter, ek wil vir die agb President sê dat ek al verskeie kere vanaf hierdie podium van wedersydse respek gepraat het. Om ’n vooruitstrewende Suid-Afrika te skep, moet ons wedersydse respek vir mekaar hê – respek vir mekaar as individue, respek vir mekaar se verskille, en respek vir mekaar se verskillende kulture, geskiedenis en tale.

English:

The preamble of the Constitution puts it very clearly: “We, the people of South Africa, believe that South belongs to all who live in it, united in our diversity.“

Afrikaans:

Ek wil vir die agb President duidelik sê dat die Vryheidsfront Plus hande wil vat en aan ’n beter toekoms bou, nie ’n beter verlede nie.

English:

I am going to say this in IsiZulu.

IsiZulu: 12:06

Ake sibambisane. Izandla ziyagezana. [Ihlombe.]

English:

Having said that, I want to say that I am an Afrikaner and a son of the soil of Africa.

Afrikaners and white people want to contribute to a better future for South Africa. We can help to build a better South Africa but then we need to have mutual respect for each other.

Afrikaans: 12:07

Tans is daar ’n aanslag op Afrikaans - in ons skole, in ons universiteite - ten spyte daarvan dat die Grondwet sê dat ons geregtig is op moedertaalonderwys.

Daar kan egter nie sprake van respek wees, as die LUR vir Onderwys in Gauteng Afrikaans met ’n rassekwas wil bykom asof dit wit bevooregting is nie, en dit, terwyl 60% van Afrikaanssprekendes bruinmense is en ’n skool reeds veelrassig is. Dit skep nie respek nie. Dit laat vrae ontstaan.

English:

You have put quite a lot of emphasis on job creation, specifically for the youth and you said and I quote: ...

Afrikaans:

“Ons bou ’n land waar ’n persoon se vooruitsigte deur eie initiatief en harde werk bepaal word en nie volgens die kleur van hulle vel, geboorteplek, geslag, taal of inkomste van hul ouers nie.” Ek stem daarmee saam.

English:

However, because of affirmative action and broad-based black economic empowerment, white young people are excluded from jobs, bursaries, and opportunities, based on the colour of their skin. Is it fair that a young man or woman who has been born in 1994, in the new dispensation, is subject to affirmative action and broad-based black economic empowerment? I think it is time for a sunset clause on this matter and we will have to talk.

Black students, obtaining a university degree are more than double the number of white students at the moment. If we want to promote mutual respect for each other, we have to acknowledge merit as criteria to appoint people in positions and to build the economy.

Afrikaans:

Oor grondhervorming wil ek sê dat die blote aanvaarding van die beginsel van grondonteiening sonder vergoeding negatief vir die ekonomie is. Dit is negatief vir voedselsekerheid. Die vraag is: Wat wil u bereik met onteiening? As dit bloot is om vir mense grond te gee, dan moet u dit sê, want om net grond vir iemand te gee maak nie so ’n persoon ryk nie. U eie Minister van Grondsake en Landelike Ontwikkeling erken dat 90% van die bestaande projekte misluk het. En 93 van die mense wil nie die grond hê nie; hulle wil die geld hê.

Die Vryheidsfront Plus verwerp grondonteiening sonder vergoeding, want dit raak alle eiendomme, of jy op ’n plaas is en of jy in ’n dorp of stad bly. Dit sal die ekonomie nadelig beinvloed en potensiële beleggers in Suid-Afrika afskrik. Ek dank u.

Source: Unrevised transcript, Hansard